Bunny chow

'n Bunny chow

Bunny chow is 'n eg Suid-Afrikaanse wegneemete. Soms word daarna verwys as bloot ‘n bunny.[1] Dit bestaan ​​uit 'n uitgeholde stuk brood wat met kerrie gevul word. Dit kom oorspronklik van die Indiese gemeenskap in Durban. Afhangende van die kerrie waarmee dit gemaak word (skaap, hoender of bone), kan die gereg 'n wye verskeidenheid van vorme aanneem.

'n Kwart Bunny Chow met skaapvleis.

Die gereg is soortgelyk aan 'n katkop, 'n uitgeholde stuk brood wat met slaptjips gevul is.

  1. Jackson, Allan (2003). "More on the Bunny Chow". Facts About Durban (South Africa). Besoek op 22 Augustus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search